Daar is geen twyfel daaroor dat die Bybel aan ouers die verantwoordelikheid gee om hulle kinders in die Lig van God se Woord groot te maak nie. ‘n Verantwoordelikheid om seker te maak dat hul kinders geestelik gevoed word en só ‘n Koninkryksvoorsprong
ontvang – dat hul kinders geanker word in Jesus en toegerus word met kennis oor God en Sy genade.
In ons gemeente word ouers in die Christelike opvoeding van hul kinders ondersteun deur talentvolle medewerkers wat deur God geroep is om te help by die Kinderkerk.
By die Kinderkerk weet ons dat kinders nie die kerk van môre is nie, maar die kerk van vandag. Daarom voorsien ons aan ons kinders se behoefte om Jesus te loof en te prys op hulle eie manier en Hom op ‘n kinderlike manier te dien binne ‘n omgewing wat esteties mooi is vir die kind.